Hoofstuk 1 (author M. Shepherd)
Hy kan nie eers onthou presies hoekom dit gebeur het nie. Was dit toe sy vrou weggeloop het met die vet Griek, of toe sy hond verstik het aan sy pantoffel en na sewe uur se lyding die tydelike met die ewige verwissel het, of was dit miskien toe hy in 'n oomblik van absolute woede 'n netjiese stoelgang op sy baas se lessenaar gelos het?
Hy kan nie presies onthou nie, maar hy weet iewers het iets skeefgeloop. As hy nou so sit en staar na sy ingroei-toonnael, dan begin hy onwillekeurig dink dat daar iets beter moet wees daar buite. Iewers moet daar 'n pad wees met meer sonskyn, meer Cabernet, meer Brazilian-cuts, meer koedoe-leer sitkamerbanke en minder puisies, minder Juanita, minder tou-staan en minder hangtieties.
En toe, asof vansself, tref 'n idee hom soos daai rugbybal wat ou Alwyn destyds nog in die ref se agterkop vasgeskop in die interskole wedstryd: Hy moet nou opstaan, sy flat bier neersit, by die deur uitloop, in sy bakkie klim en daai pad gaan soek. Daai sonskyn pad is syne, en klaar.
0 Comments:
Post a Comment
<< Home