Die Nimmereindigende Storie

Op hierdie bladsy wil ek hê ons moet almal saamskryf aan 'n storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Skryf enigiets wat jy dink inpas by die storielyn so ver, en maak 'n wending as jy wil. Kom loer later hoe ander die storie verder gevat het en las weer aan. Kom ons kyk hoe dit gaan.

My Photo
Name:
Location: Pietersburg, Limpopo, South Africa

Ek probeer twee blogs aan die gang hou. Die eerste is Die Herder, wat jou basies dagboek-tipe ding is en waar ek uitwei op dinge wat ons doen en sien. Ons praat oor alles war real is. Op Nimmereindigende Storie probeer ek mense sover kry om te help aan 'n in-situ storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Elke persoon kan lees en byskryf en maak met die storie soos hy of sy wil. Dalk draai dit goed uit, dalk is dit kettings en kettings onsamehangende onsin. Kom ons kyk.

Tuesday, December 12, 2006

Hoofstuk 15 (Author J. van Dyk)

Met 'n mislukte glimlag sak Willie op die deurgesaagde matras neer...'n effense stofwolk walm op & die geroeste springs kraak sommer oor en oor.

"Wat gaan hier aan?" wonder Willie by homself. "Tommie, skakel die vervlakste fan aan & hou op met jou duim in jou neus rondvoeter!" gil Willie. Hy moes toe al die pad terug stap bakkie toe, die rugleuning vorentoe swaai & in sy 'Vanity Kit' sy laaste paar note uitkrap & wys. Sy laaste R200. Die geld wat hy wou gebruik het vir Kersfees om daai vistenk met die pienk seegras vir ... Nee wag hy kan nie nou aan haar wil dink nie.....& dan besef hy met 'n angstige skok....dat dit SY is!!! SY is die rede hoekom hy weer terug Kirplegischtan toe gaan. Hoe onosel kan hy wees!!

Willie stap verby Tommie wat met sy duimnael in sy naeltjie grou badkamer toe & trek die deur agter hom toe. Hy draai die koue kraan oop & spoel sy gesig af met bruin geroeste water... weer & weer & weer...

Hy trek sy oë op skrefies terwyl sy hande vir die laaste keer water in sy gesig plas.
"Ruk jouself reg Willem!" raas hy met homself.
"Vervlaks!"

Hy ruk die deur oop & loer na Tommie wat kwylend die dakwaaier met een oog probeer volg. 'Net soos 'n hond agter sy eie stert aan' dink Willie.

"Tomma - ons moet plan maak." sê Willie terwyl hy sittend 'n 'Texan Plain' van iewers af optoor & hom aansteek. Hy loer af na sy boots se ingeduikte punte & asem 'n lekker dik wolk rook uit...sugtend. "Ons moet nou eers 'n goeie nagrus inkry, môre oggend gaan jy met jou gevreet & kyk of jy 'n foonboek by daai Tracy girl kan score" - "want ek voel soos 'n aap na sy daai jaar oue konna uit my beursie sien val het" dink Willie.

"Willie - jy weet ek sukkel om Engels te lees!?" sê/vra Tommie.
"Dis nie vir jou nie - dis vir my. Ek voel ons moet begin rigting kry aangesien Kersfees net om die draai is & ek moet 'n paar mense in die hande kry..."

Wie wil 'n vistenk hê
& wie wil Willem opsoek
& waarom is daar met vetkryt die naam 'Bennie' geskryf op Willie se stowwerige ou Matras ?!

Tuesday, November 21, 2006

Hoofstuk 14 (Author: W. Espag)

Tommie haak af: "Ek sien jy het toe op die ou einde van die dag nie te groot gegaan nie."

Willie raak stil terwyl hy nie kan besluit of hierdie warm gloede, wat hy van binne af voel opborrel, skaamte of woede beaam nie.

"Ek't altyd gedog jy's die platinum tipe, maar lyk my jy gebruik maar ook net 'n fleksie spaar soos die res van ons plattelanders." "Ja" mompel Willie, terwyl sy vingers nie vinnig genoeg die silwer pakkie in posisie kan sit in sy koedoevel beursie nie.

Alles in alles het Tracy met 'n smug uitdrukking op haar gesig gesit en toe die masjien nie Willie se kaart wou vat nie, kon sy nie die geleentheid laat verbyglip nie. "Verskoon my meneer, maar dit spyt my, my slot wil nie u fleksie spaar eenheid akkommodeer nie... het u nie dalk iets anders wat ons daardeur kan glip nie?"

Tuesday, October 10, 2006

Hoofstuk 13 (Author M. Shepherd)

Elkeen van die twee vat net die klein sakkies. Die klein sakkies wat jou onderbroeke, tandeborsel en noodbottel Tequila bevat. Hulle is immers al effe uitgeput en sal nie die groot sakke nodig hê vir vanaand nie.

By die ontvangstoonbank word hulle verras. Dis 'n buitengewoon oulike poppie wat aan diens is, en veral Tommie kan homself nie keer om sy beste Jack Nicholson-gesig op te sit nie. Die hoë wenkbroue, die halfmas ooglede en die wye glimlag - dit lyk of sy mondhoeke enige oomblik om sy ore gaan haak. "Naand, juffrou," grinnik hy. "...en hoe lyk dinge hier? Is daar 'n ou gaatjie vir twee oulike ouens om in te, uhmmm, lê?"

Die poppie, haar naambordjie spel "Tracy" uit, lyk ongeduldig. Indien enigiets, lyk dit of sy eerder met Willie sal wil gesels as die oorvriendelike lummel met die baie tande. "Dis R150 vir die rondawels agter, die kamers is ongelukkig almal uit," sis-mompel sy deur haar tande.

"R150 is nogal styf, maar dis nie al nie. If you act now..." begin Tommie, maar Willie maak hom stil. "Dis reg dame. Aanvaar julle kaarte?" Tracy se oë beweeg na die masjientjie sonder dat haar kop beweeg. Dit beaam die vraag.

Willie bring sy beursie te voorskyn en pluk dit oop. Hy haal sy kredietkaart uit, maar saam met die kaart kom 'n klein, vierkantige blink pakkie wat amper doelgerig op die toonbank voor Tracy val. Vir 'n sekonde, wat soos 'n jaar voel, kyk die drie na die kondoom wat langs die pamflet oor Voëls van Suider Afrika 'n gat in die hout probeer brand.

Friday, August 04, 2006

Hoofstuk 12 (author M. Shepherd)

Verkeerskonstabel Coetzee kyk oor sy brilraam na die twee belhamels in die bakkie. Hulle lyk vir hom na moeilikheid, dis vir seker. Maar miskien net na te veel moeilikheid. Dis reeds diep skemer, en hy sit al die heel dag hier langs die pad. Om nou met hierdie twee te probeer stoei, sal niemand enigiets in die sak bring nie.

"Ja, ja. Maak dat julle wegkom. Maar ek stuur 'n verslag na die Department met jul beskrywing en registrasienommer. As julle weer julself wangedra, kom Greater Mkhontho Distriksmunisipaliteit soos 'n ton mango's op julle af, verstaan?"

Willie knik. Tommie maak albei sy oë toe, en dan weer oop. Hulle stem in. Niemand is lus om met 'n spietkop langs die pad in die donker te redeneer nie. In elk geval, hulle moet aanstoot, die pad is nog lank. Toe hulle wegry, gebruik Willie sommer die hele K-53, net om vir Coetzee te wys hy is eintlik 'n baie wetsgehoorsame ou.

Die twee ry vir die beste deel van drie ure oor stowwerige paaie terwyl hulle skerts oor allerhande sinnelose onderwerpe. Hulle kom onder andere ooreen dat paperclips die beste werk om oorwas uit jou ore te grawe.

Skielik sien hulle in die bakkie se ligte 'n bruin, reghoekige aanwysingsteken. 'n Sign wat lees Kwaggashoek Bed & Breakfast. Afdraai regs, 2,5 kilometer. "Ek het al iewers gehoor van hierdie plek," sê Willie. "Kom ons hoor of hul vir ons slaapplek het, daan rus ons eerder. Netnou gooi ek nog die bakkie om vannag."

Tommie knik en snuif diep. Dis immers 'n avontuur, en hoekom nie hoipoloi raak en sommer in 'n gastehuis oorslaap nie? Dit sal sy eerste keer wees, en Tommie het nog altyd gehou van eerste kere. Die meeste van sy ervaringe geskied in elk geval net daai eerste keer.

Wednesday, August 02, 2006

Hoofstuk 11 (author E. Pelser)

"Ai! Die goeie ou dae,'' dink Wilhelm Joagim Christoffel Jan Kaspaas Taaierliewer van den Looihinplooi.

Jouwaarlik dit is sy naam daai, oorgelewer van sy groot oupagrootjie wat van Ushbekkistan af gekom het in die laat 1800's. Maar dis nou eers 'n storie vir 'n ander dag.

Tommie suig soos 'n speelse beesbul aan die tuit van die Powerade-bottel wat hy in die kabbiehole gekry het. Die kwyl spat sommer sulke lang drade toe ou Tom beheer oor sy sluk-reaksie verloor en die helfte van die bottel by die venster uitspoeg. "Dis nou mos nie Vodka en Oros die nie, dit proe soos piepiewater". Dit slaan Willie soos 'n beespoot teen die kniegskyf teen Mag 12. "O ja. Sorry. Ek was noudieaand te gesuip om te stop en pie, toe ek van McGinty's af kom, toe gebruik ek sommer die bottel".

Tommie kyk hom so met verlate oë aan. "Jou Bliksem" snou hy hom toe. Maar die twee is nou al so lank beste vrinne dat so iets nie tussen hulle sal kom nie. Hulle het immers op ou Skeelsannet se 18de verjaarsdag altwee met Lospetro gestoei. Nie daai Rofstoei soos in die flieks nie, ordentelike STOEI. So hulle is heel gewoond aan mekaar se doen en late en dinge.

Die teerpad in die gewêste is heel in sy moer. Dit het nou gebeur toe ou Jan Pille die een nag te veel gepille het, en met sy New Holland Trekker en Dormas, dis die harde grond wat toe die teerpad was, om te dis. Hy het dit reggekry, maar sit immers nogsteeds in die tronk vir roekelose en nalatige saakbeskadiging. Of so iets. Hulle sukkel maar so stamp-stamp in die pad af. Tot hulle 'n spietkop gewaar wat hulle sommer daar-en-dan aftrek vir te vinnig bestuur.

"Was die aanloopbaan te kort?" snou die spietkop. "Eks laat vir werk" sê Willem half geirriteerd. "Nou watse werk doen jy?" "Ek's 'n rektum rek spesialis" "Nou wat is dit nou eintlik?" "Ek rek mense se anusse. Ek sit eers een vinger in, werk hom so bietjie rond, totdat ek twee kan inkry. Dan werk ek dit so aan en so voorts totdat ek altwee hande inhet en rek hom dan so 6 voet" "Nou wat de moer doen mens met 'n 6 voet poephol?" "Jy gee hom 'n radar met kakhi's, en laat hom langs die pad staan ...."

'n Verbysterde uitdrukking kom op Tommie se gesig. Hy wil homself natmaak soos hy wil lag, maar hou dit toe maar in. Want hy weet. Die storie gaan hulle trip so effens vertraag.

Monday, July 31, 2006

Hoofstuk 10 (author J. van Dyk)

"Hinnnn-ninne-ninnne--hin!!!" Grom die Hilux soos 'n Weed-Eater enjin wat warm gemaak is..."Hin!!!"...

Willie se growwe hande klou styf vas aan sy stuurwiel, wat oorgetrek is met daai babablou plastiek oortreksels wat daai klein knobbels op het wat jou hande meer traksie gee & terselftertyd maseer. Hy voel effe lighoofdig en kan nie uitmaak of dit die drie en 'n half biere van nou-nou is of die bakkie se 'fumes' nie...

"Hel nee Tom!, Is jy nou weer besig om long te verloor hier in my wiele?!" Gil/vra Willie skielik toe hy besf wat dit is. Tommie begin skater & prys homself 9 uit 10 vir een van die stinkste winde wat hy nog ooit gelos het. Moerse in sy skik vroetel hy deur die leë KFC boksies opsoek na 'n 'wing' wat dalk lê & wegkruip. Willie wil nog iets sê maar bedink homself. Tommie is 'n goeie seun maar hy het nie buskruit uitgedink nie. 'Going nowhere slowly' grens Willie so amper maar dink dan weer dat dit Tommie was wat hom daai keer kom help het toe hy die glips met die muis en die pyp gehad het...en dit was vriend Tomma wat daar was toe hy uitgevind het dat Oom Giel eintlik ook sy pa is.

Tommie is 'n mense mens, 'n plat op die aarde mens & sy beste tjom. Willie besef hy is eintlik bly dat Tommie saam met hom is. Hy en Tommie het vriende geword terug in aggen-tagtig('88) toe hulle saam in die E-Klas vir hulle derde jaar in Hoër Tegniese Skool Gert Viljoen was. Willie sal dit nooit vergeet nie, hy het daai jaar nog vir juffrou Beukes vasgevat na saal opening een oggend agter die pawwies. Haar kerêl het op hulle afgekom (na hy al 'n hele ruk lank iets vermoed het) en net soos die geluk dit wou hê, val daar 'n 'shifting' op die kerêl se kop bo van die pawwies af.

Dit was Tommie. Tommie wat vir Sarel Verster 'n pakkie skywe gewed het dat hy die 'shifting' tot op die Netbalbaan kan slinger. En soos die geluk dit wil hê neuk die 'shifting' uit Tom se hand & etter die kerêl teen die oor...'lights out'...Willie was so dankbaar daar en dan dat hy Tommie as sy persoonlike beskerm-engel aanvaar het.

'n Skalkse laggie vorm op Willie se lippe terwyl hy weer terug dink aan daai dag - 'Ja-nee, Tommie is die ou!' dink hy. "Tommie, ek word dors. Flip oop die kabbiejeul, daar behoort nog 'n half liter Oros & Vodka daarin te wees. "Thanks Willie!" laat hoor Tommie van hom terwyl Willie die afdraai vat oppad Kirplegischtan toe."Ons gaan vanaand groot gaan, né Willie?" vra Tommie. "Tomma, vanaand...vanaand gaan ons vir goud!".

Thursday, July 27, 2006

Hoofstuk 9 (author W. Espag)

Willie wou regtig ophou drink en die pad vat Kirplegischtan toe, en soms probeer mens regtig hard, maar iets val altyd voor die wiel in en breek jou spoed voor jy weet.

Sien, na 'n bier, of selfs twee, raak die idee van 'n bar meisie altyd net soveel meer aantrekliker.

"As ek dit self mag sê, Tommie... jy is van die hel, jou fabond" skiem Willie. Hulle sit in die stilte en gluur na die 7 groen leë bottels wat op die kombuistafel staan.

"Ja, tjom, wat pla jou?". "Wel, ek het vanoggend ernstig besluit om Kirplegischtan toe te gaan, en eks nog nie oppad nie," mompel Willie met 'n traan in sy oog. "Cheez tjom, ek het nie gedog jy was so ernstig daaroor nie? Maar ons ry mos nou more?"

Die stilte oorval die afgetaakelde huis weer vir so paar minute, al wat mens hoor is die los sinkplate in die wind en 'n hondebak wat oor die stoep gestoot word deur 'n demoon.

"Nee" gil Willie...."ONS RY NOU!"

In die hemelruim is daar 'n planeet wat wentel. Dit wentel onder andere om die son, maar dit is niksseggend, want daar is ander planete wat ook om die son wentel. As mens nader beweeg, blyk dit dat die planeet omwentel word deur 'n sateliet, maar daar is ander planete wat omsingel word deur sateliete. Niks nuuts hier nie. As mens nog nader beweeg, besef mens dat die kontinente geinfekteer is met helder liggies, soos 'n tiener seun wat gym, swak higiene en hormone beoefen. Niks vreemd nie, die heelal bevat baie lewe.Tussen die liggies is daar 'n oopte, en in die oopte is daar 'n Hilux. Die deur slaan oop, die deur slaan toe en die enjin start.

Kirplegischtan gaan nooit weer dieselfde wees nie.