Die Nimmereindigende Storie

Op hierdie bladsy wil ek hê ons moet almal saamskryf aan 'n storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Skryf enigiets wat jy dink inpas by die storielyn so ver, en maak 'n wending as jy wil. Kom loer later hoe ander die storie verder gevat het en las weer aan. Kom ons kyk hoe dit gaan.

My Photo
Name:
Location: Pietersburg, Limpopo, South Africa

Ek probeer twee blogs aan die gang hou. Die eerste is Die Herder, wat jou basies dagboek-tipe ding is en waar ek uitwei op dinge wat ons doen en sien. Ons praat oor alles war real is. Op Nimmereindigende Storie probeer ek mense sover kry om te help aan 'n in-situ storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Elke persoon kan lees en byskryf en maak met die storie soos hy of sy wil. Dalk draai dit goed uit, dalk is dit kettings en kettings onsamehangende onsin. Kom ons kyk.

Monday, July 31, 2006

Hoofstuk 10 (author J. van Dyk)

"Hinnnn-ninne-ninnne--hin!!!" Grom die Hilux soos 'n Weed-Eater enjin wat warm gemaak is..."Hin!!!"...

Willie se growwe hande klou styf vas aan sy stuurwiel, wat oorgetrek is met daai babablou plastiek oortreksels wat daai klein knobbels op het wat jou hande meer traksie gee & terselftertyd maseer. Hy voel effe lighoofdig en kan nie uitmaak of dit die drie en 'n half biere van nou-nou is of die bakkie se 'fumes' nie...

"Hel nee Tom!, Is jy nou weer besig om long te verloor hier in my wiele?!" Gil/vra Willie skielik toe hy besf wat dit is. Tommie begin skater & prys homself 9 uit 10 vir een van die stinkste winde wat hy nog ooit gelos het. Moerse in sy skik vroetel hy deur die leë KFC boksies opsoek na 'n 'wing' wat dalk lê & wegkruip. Willie wil nog iets sê maar bedink homself. Tommie is 'n goeie seun maar hy het nie buskruit uitgedink nie. 'Going nowhere slowly' grens Willie so amper maar dink dan weer dat dit Tommie was wat hom daai keer kom help het toe hy die glips met die muis en die pyp gehad het...en dit was vriend Tomma wat daar was toe hy uitgevind het dat Oom Giel eintlik ook sy pa is.

Tommie is 'n mense mens, 'n plat op die aarde mens & sy beste tjom. Willie besef hy is eintlik bly dat Tommie saam met hom is. Hy en Tommie het vriende geword terug in aggen-tagtig('88) toe hulle saam in die E-Klas vir hulle derde jaar in Hoër Tegniese Skool Gert Viljoen was. Willie sal dit nooit vergeet nie, hy het daai jaar nog vir juffrou Beukes vasgevat na saal opening een oggend agter die pawwies. Haar kerêl het op hulle afgekom (na hy al 'n hele ruk lank iets vermoed het) en net soos die geluk dit wou hê, val daar 'n 'shifting' op die kerêl se kop bo van die pawwies af.

Dit was Tommie. Tommie wat vir Sarel Verster 'n pakkie skywe gewed het dat hy die 'shifting' tot op die Netbalbaan kan slinger. En soos die geluk dit wil hê neuk die 'shifting' uit Tom se hand & etter die kerêl teen die oor...'lights out'...Willie was so dankbaar daar en dan dat hy Tommie as sy persoonlike beskerm-engel aanvaar het.

'n Skalkse laggie vorm op Willie se lippe terwyl hy weer terug dink aan daai dag - 'Ja-nee, Tommie is die ou!' dink hy. "Tommie, ek word dors. Flip oop die kabbiejeul, daar behoort nog 'n half liter Oros & Vodka daarin te wees. "Thanks Willie!" laat hoor Tommie van hom terwyl Willie die afdraai vat oppad Kirplegischtan toe."Ons gaan vanaand groot gaan, né Willie?" vra Tommie. "Tomma, vanaand...vanaand gaan ons vir goud!".

2 Comments:

Blogger Eddy said...

"Ai! Die goeie ou dae' Dink Wilhelm Joagim Christoffel Jan Kaspaas Taaierliewer van den Looihinplooi. Jouwaarlik dit is sy naam daai, oorgelewer van sy groot oupagrootjie wat van Poesbekkistan af gekom het in die laat agtien honnerds. Maar dis nou eers 'n storie vir 'n ander dag.

Tommie suig soos 'n spulse beesbul aan die tuit van die powerade bottel wat hy in die kabbiehole gekry het. Die kweil spat sommer sulke lang drade toe ou Tom beheer oor sy slukreaksie verloor en die helfte van die bottel by die venster uitspoeg. "Dis nou mos nie fokkin Vodka en Oros die nie, dit proe soos piswater". Dit slaan Willie soos 'n beespoot teen die kniegskyf teen mag 12. "O ja. Sorry. Ek was noudieaand te gesuip om te stop en pie, toe ke van McGinty's afkom, toe gebruik ek sommer die bottel". Tommie kyk hom so met verlate oë aan. "Jou Bliksem" snou hy hom toe. Maar die twee is nou al so lank beste vrinne dat so iets nie tussen hulle sal kom nie. Hulle het immers op ou Skeelsannet se 18de verjaarsdag altwee met Lospetro gestoei. Nie daai Rofstoei soos in die flieks nie, ordentelike STOEI. So hulle is heel gewoond aan mekaar se doen en late en dinge.

Die teerpad in die gewêste is heel in sy moer. Dit het nou gebeur toe ou Jan Pille die een nag te veel gepille het, en met sy New Holland Trekker en Dormas dis die harde grond wat toe die teerpad was om te dis. Hy het dit reggekry, maar sit immers nogsteeds in die tronk vir roekelose en nalatige saakbeskdiging. Of so iets. Hulle sukkel maar so stamp-stamp in die pad af. Tot hulle 'n spietkop gewaar wat hulle sommer daar-en-dan aftrek vir te vinnig bestuur.
"Was die aanloopbaan te kort?" snou die spietkop.
"Eks laat vir werk" sê Willem half geirriteerd.
"Nou watse werk doen jy?"
"Ek's 'n rekum rek spesialis"
"Nou wat in die donner is dit nou eintlik?"
"Ek rek mense se anusse. Ek sit eers een vinger in, werk hom so bietjie rond, totdat ek twee kan inkry. Dan werk ek dit so aan en so voorts totdat ek altwee hande inhet en rek hom dan so 6 voet"
"Nou wat de moer doen mens met 'n 6 voet poephol"
"Jy gee hom 'n radar met kakhis en laat hom langs die pad staan"
"....."

'n Verbysterde uitdrukking kom op Tommie se gesig. Hy wil homself natpis soos hy wil lag, maar hou dit toe maar in. Want hy weet. Die storie gaan hulle trip so effens vertraag.

4:55 AM  
Blogger saintwillem said...

hierdie storie is moer volger...ek dink ons sal hom net in danville kan publiseer of dalk as 'n maandlikse kortverhaal in die loslyf???? wat dink julle ouens?...my ma'le lees die ding dammit

12:20 AM  

Post a Comment

<< Home