Hoofstuk 9 (author W. Espag)
Sien, na 'n bier, of selfs twee, raak die idee van 'n bar meisie altyd net soveel meer aantrekliker.
"As ek dit self mag sê, Tommie... jy is van die hel, jou fabond" skiem Willie. Hulle sit in die stilte en gluur na die 7 groen leë bottels wat op die kombuistafel staan.
"Ja, tjom, wat pla jou?". "Wel, ek het vanoggend ernstig besluit om Kirplegischtan toe te gaan, en eks nog nie oppad nie," mompel Willie met 'n traan in sy oog. "Cheez tjom, ek het nie gedog jy was so ernstig daaroor nie? Maar ons ry mos nou more?"
Die stilte oorval die afgetaakelde huis weer vir so paar minute, al wat mens hoor is die los sinkplate in die wind en 'n hondebak wat oor die stoep gestoot word deur 'n demoon.
"Nee" gil Willie...."ONS RY NOU!"
In die hemelruim is daar 'n planeet wat wentel. Dit wentel onder andere om die son, maar dit is niksseggend, want daar is ander planete wat ook om die son wentel. As mens nader beweeg, blyk dit dat die planeet omwentel word deur 'n sateliet, maar daar is ander planete wat omsingel word deur sateliete. Niks nuuts hier nie. As mens nog nader beweeg, besef mens dat die kontinente geinfekteer is met helder liggies, soos 'n tiener seun wat gym, swak higiene en hormone beoefen. Niks vreemd nie, die heelal bevat baie lewe.Tussen die liggies is daar 'n oopte, en in die oopte is daar 'n Hilux. Die deur slaan oop, die deur slaan toe en die enjin start.
Kirplegischtan gaan nooit weer dieselfde wees nie.
1 Comments:
donder, die boek het meer flashback as back2thefuture 1,2,3...kan die fokken avontuur nou net begin.
Post a Comment
<< Home