Die Nimmereindigende Storie

Op hierdie bladsy wil ek hê ons moet almal saamskryf aan 'n storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Skryf enigiets wat jy dink inpas by die storielyn so ver, en maak 'n wending as jy wil. Kom loer later hoe ander die storie verder gevat het en las weer aan. Kom ons kyk hoe dit gaan.

My Photo
Name:
Location: Pietersburg, Limpopo, South Africa

Ek probeer twee blogs aan die gang hou. Die eerste is Die Herder, wat jou basies dagboek-tipe ding is en waar ek uitwei op dinge wat ons doen en sien. Ons praat oor alles war real is. Op Nimmereindigende Storie probeer ek mense sover kry om te help aan 'n in-situ storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Elke persoon kan lees en byskryf en maak met die storie soos hy of sy wil. Dalk draai dit goed uit, dalk is dit kettings en kettings onsamehangende onsin. Kom ons kyk.

Thursday, July 13, 2006

Hoofstuk 2 (author E. Pelser)

Soos enige ware blanke Afrikaner klim Willie in sy Toyota Hilux 4x4 bakkie. Die walms van die vorige aand se gesuipery hang dik in sy bakkie se kajuit. Hy haal 'n paar Disprins uit die duiwenessie uit en sluk dit sommer met sy 'halfjack' Whiskey wat omgeval het en, soos 'n plaasousie se uitdrukking op haar gesig wanneer sy hout soek, half leeg is. Die rillings trek op tussen sy blaaie en die hoendervleis slaan uit op sy kniekoppe.Willie was nog nooit een wat bang was vir enigiets nie.

Wel amper enigiets, hy onthou toe hy klein was moes hy sy ouma help om aambei salf aan te smeer so elke 2 weke. Dit het hom baie bang gemaak.Die sleutel gly in sy bakkie se 'iegniesjin' in, hy draai dit, die enjin gaan aant' brul soos sy maag vroeër gebrul het toe hy op die troon gaan neersak het. Opgewondenheid pak hom toe. Die motorhuis se deur rol op en die hek gaan so al tjwie-tjwie oop.

Willie is oppad.Oppad na Kirplegischtan.

1 Comments:

Blogger Jaco said...

Maruis, as dit cool is & jy die laaik sal ek graag ook wil deelneem,
Groete,
Jaco

Willie het so halwe liter diesel ook in gegooi met die volmaak so half uur terug.."Dit smeer die enjin.." het sy oor'le oom Dolf altyd gesê...Oom Dolf is in '93 oorlede toe hy 'n laaitie in Vanderbjil op 'n katana ge-'daais' het & nie die BP trok sien kom het nie.
Terwyl 'n traan oor sy wang biggel met heimwee ruk Willie sy knipmes uit, gryp die stuur met sy kniee vas, flik die knipmes oop & begin sy linker duim skoonkrap..
"Ja..." sug hy, " dit gaan 'n lang pad Kirplegischtan toe wees.

Die bakkie ry rerig lekker...die enjin is net nou die dag geboor & jy kan die bietjie ekstra woema voel...wel jy kan dit eintlik meer hoor as voel maar dis daar. Willie se radio begin 'n klomp 'static' gooi & hy skiem 'ek sit hom maar af, RSG is vandag half af gewees in elk geval".

Terwyl hy so ry raak dit al hoe stiller in sy kop terwyl hy wonder..."Waarom, na al die jare gaan ek nou weer terug Kirplegischtan toe & hoekom..? Waar gaan ek eindig & wat gaan gebeur?" Agter hom skop die bakkie stofwolke op met die sakkende skemer son in die agtergrond...

7:23 AM  

Post a Comment

<< Home