Die Nimmereindigende Storie

Op hierdie bladsy wil ek hê ons moet almal saamskryf aan 'n storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Skryf enigiets wat jy dink inpas by die storielyn so ver, en maak 'n wending as jy wil. Kom loer later hoe ander die storie verder gevat het en las weer aan. Kom ons kyk hoe dit gaan.

My Photo
Name:
Location: Pietersburg, Limpopo, South Africa

Ek probeer twee blogs aan die gang hou. Die eerste is Die Herder, wat jou basies dagboek-tipe ding is en waar ek uitwei op dinge wat ons doen en sien. Ons praat oor alles war real is. Op Nimmereindigende Storie probeer ek mense sover kry om te help aan 'n in-situ storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Elke persoon kan lees en byskryf en maak met die storie soos hy of sy wil. Dalk draai dit goed uit, dalk is dit kettings en kettings onsamehangende onsin. Kom ons kyk.

Wednesday, July 19, 2006

Hoofstuk 5 (author W. Espag)

Maar tog kon hy homself nie help nie. En soos oudergewoonte draai hy regs af by die poskantoor en maak 'n skerp links tot by die flenter huis waar Tommie homself bevind wanneer hy nie werk of drink nie.

In die donkerte gluur daar 'n kerslig van formaat. Dis nog die ou tipe NTK kerse wat daar brand, nie deesdae se Checkers-net-om-die- hoek tipe nie. Sien, toe Tommie 16 jaar oud was het sy ma'le geglo die 3rde wereld oorlog gaan uitbreek. En soos 'n wyse vrou het tant Malie geen vertroue in Tommie of sy oor'le pa geplaas nie. Die vet weet alleen, maar die dag as die gemors slaan het die auntie geweet sy gaan vrek van die honger as die twee skerminkels vir haar moet sorg. So, oudergewoonte het sy maar 'n NTK rekening gaan oopmaak en 'n oorlog kas bymekaar gemaak wat, in kort, veroorsaak het dat Tommie sy erf plaas en nissan 1400 gekos het.

Willie sluit die egnisjin af en gooi taktiese kyke in welke rigting. Daai vervlakste hoenner is seker nog nie dood nie. Tommie noem hom Rambo, maar in die dorp staat die einste bekkend as die "flippen voël". Sien, Rambo is 'n hoenner wat hou van spyker. Aggressief spyker. Toe hy klein was het almal gedink dit was oulik as hy die hondebak so rond karnoeffel en baie het hom jammer gekry oor die arme hoenner nooit vere op sy bors gehad het nie. Maar toe word die man mos groot. En Tommie het baie wyshede opgetel deur met Rambo tyd te spandeer...wie kort nou 'n loslyf as jou hoenner presies vir jou wys wat jy nou eintlik met 'n jakkals moet doen as hy lus is om bietjie vleis te proe?

Rambo het ook die arme af-oor hond doof gespyker. Sommige veeartse sê dis sielkundig, maar tant Malie reken Rambo het die arme brak se oordromme laat pop deur sy aanhoudende lae noot botsings met verskillende artifakte van sy begeerte.

Willie frons. Die area lyk skoon, maar mens kan nooit te seker wees nie. Tyd om weer daai jagmes uit te pluk vir beskerming.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home