Die Nimmereindigende Storie

Op hierdie bladsy wil ek hê ons moet almal saamskryf aan 'n storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Skryf enigiets wat jy dink inpas by die storielyn so ver, en maak 'n wending as jy wil. Kom loer later hoe ander die storie verder gevat het en las weer aan. Kom ons kyk hoe dit gaan.

My Photo
Name:
Location: Pietersburg, Limpopo, South Africa

Ek probeer twee blogs aan die gang hou. Die eerste is Die Herder, wat jou basies dagboek-tipe ding is en waar ek uitwei op dinge wat ons doen en sien. Ons praat oor alles war real is. Op Nimmereindigende Storie probeer ek mense sover kry om te help aan 'n in-situ storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Elke persoon kan lees en byskryf en maak met die storie soos hy of sy wil. Dalk draai dit goed uit, dalk is dit kettings en kettings onsamehangende onsin. Kom ons kyk.

Monday, July 17, 2006

Hoofstuk 4 (author M. Shepherd)

Net anderkant die klein bruggie hoor hy die onmiskenbare monotoon gehuil van sy stokou Nokia. Hy vroetel rond op die passasiers-sitplek tussen KFC-boksies en Amstel botteltjies rond op soek na die skreeuende foon, en ry amper die ousie raak wat langs die pad loop en hout optel.

Dis sy ou vriend Tommie, wat ouder gewoonte half deur die slaap bel net om te hoor waar hulle vanaand gaan drink. Tommie het min ambisie, sou party mense seker sê, maar Willie dink Tommie maak meer uit van die lewe as wat meeste mense hom krediet voor gee. Tommie het altyd 'n glimlag op die gesig. Die meeste mense baie ryker as hy, loop heeldag en frons en moet pille drink vir stres en moet huweliksberaders en ander soortgelyke kopdokters gereeld sien om te kan cope. Nie Tommie nie. Hy is doodgelukkig, al besit hy niks meer as 'n geroeste fiets en 'n dowe hond nie.

"Die vy alleen weet," skerts Willie, "ek is eintlik iewers heen op pad. Het jy enigiets spesifiek in gedagte?"

Tommie is vir 'n oomblik stil in die agtergrond, en sê in sy lui stem: "Weetie, ou. Kom tel my op, dan gaan kyk ons wat gaan aan by McGinty's vanaand. Ek hoor daar is 'n nuwe chickie agter die bar van Maandag af."

Willie se gedagtes hardloop met hom rond. Dis 'n tipiese Tommie-voorstel, en is normaalweg 'n baie aanvaarbare voorstel. Hy is nie baie lus om om te draai nie, en wel, laas in McGinty's het hy nog ou Dik Frik se wenkbroue aan die brand gesteek met sy fake zippo...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home