Die Nimmereindigende Storie

Op hierdie bladsy wil ek hê ons moet almal saamskryf aan 'n storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Skryf enigiets wat jy dink inpas by die storielyn so ver, en maak 'n wending as jy wil. Kom loer later hoe ander die storie verder gevat het en las weer aan. Kom ons kyk hoe dit gaan.

My Photo
Name:
Location: Pietersburg, Limpopo, South Africa

Ek probeer twee blogs aan die gang hou. Die eerste is Die Herder, wat jou basies dagboek-tipe ding is en waar ek uitwei op dinge wat ons doen en sien. Ons praat oor alles war real is. Op Nimmereindigende Storie probeer ek mense sover kry om te help aan 'n in-situ storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Elke persoon kan lees en byskryf en maak met die storie soos hy of sy wil. Dalk draai dit goed uit, dalk is dit kettings en kettings onsamehangende onsin. Kom ons kyk.

Friday, August 04, 2006

Hoofstuk 12 (author M. Shepherd)

Verkeerskonstabel Coetzee kyk oor sy brilraam na die twee belhamels in die bakkie. Hulle lyk vir hom na moeilikheid, dis vir seker. Maar miskien net na te veel moeilikheid. Dis reeds diep skemer, en hy sit al die heel dag hier langs die pad. Om nou met hierdie twee te probeer stoei, sal niemand enigiets in die sak bring nie.

"Ja, ja. Maak dat julle wegkom. Maar ek stuur 'n verslag na die Department met jul beskrywing en registrasienommer. As julle weer julself wangedra, kom Greater Mkhontho Distriksmunisipaliteit soos 'n ton mango's op julle af, verstaan?"

Willie knik. Tommie maak albei sy oë toe, en dan weer oop. Hulle stem in. Niemand is lus om met 'n spietkop langs die pad in die donker te redeneer nie. In elk geval, hulle moet aanstoot, die pad is nog lank. Toe hulle wegry, gebruik Willie sommer die hele K-53, net om vir Coetzee te wys hy is eintlik 'n baie wetsgehoorsame ou.

Die twee ry vir die beste deel van drie ure oor stowwerige paaie terwyl hulle skerts oor allerhande sinnelose onderwerpe. Hulle kom onder andere ooreen dat paperclips die beste werk om oorwas uit jou ore te grawe.

Skielik sien hulle in die bakkie se ligte 'n bruin, reghoekige aanwysingsteken. 'n Sign wat lees Kwaggashoek Bed & Breakfast. Afdraai regs, 2,5 kilometer. "Ek het al iewers gehoor van hierdie plek," sê Willie. "Kom ons hoor of hul vir ons slaapplek het, daan rus ons eerder. Netnou gooi ek nog die bakkie om vannag."

Tommie knik en snuif diep. Dis immers 'n avontuur, en hoekom nie hoipoloi raak en sommer in 'n gastehuis oorslaap nie? Dit sal sy eerste keer wees, en Tommie het nog altyd gehou van eerste kere. Die meeste van sy ervaringe geskied in elk geval net daai eerste keer.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home