Die Nimmereindigende Storie

Op hierdie bladsy wil ek hê ons moet almal saamskryf aan 'n storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Skryf enigiets wat jy dink inpas by die storielyn so ver, en maak 'n wending as jy wil. Kom loer later hoe ander die storie verder gevat het en las weer aan. Kom ons kyk hoe dit gaan.

My Photo
Name:
Location: Pietersburg, Limpopo, South Africa

Ek probeer twee blogs aan die gang hou. Die eerste is Die Herder, wat jou basies dagboek-tipe ding is en waar ek uitwei op dinge wat ons doen en sien. Ons praat oor alles war real is. Op Nimmereindigende Storie probeer ek mense sover kry om te help aan 'n in-situ storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Elke persoon kan lees en byskryf en maak met die storie soos hy of sy wil. Dalk draai dit goed uit, dalk is dit kettings en kettings onsamehangende onsin. Kom ons kyk.

Tuesday, October 10, 2006

Hoofstuk 13 (Author M. Shepherd)

Elkeen van die twee vat net die klein sakkies. Die klein sakkies wat jou onderbroeke, tandeborsel en noodbottel Tequila bevat. Hulle is immers al effe uitgeput en sal nie die groot sakke nodig hê vir vanaand nie.

By die ontvangstoonbank word hulle verras. Dis 'n buitengewoon oulike poppie wat aan diens is, en veral Tommie kan homself nie keer om sy beste Jack Nicholson-gesig op te sit nie. Die hoë wenkbroue, die halfmas ooglede en die wye glimlag - dit lyk of sy mondhoeke enige oomblik om sy ore gaan haak. "Naand, juffrou," grinnik hy. "...en hoe lyk dinge hier? Is daar 'n ou gaatjie vir twee oulike ouens om in te, uhmmm, lê?"

Die poppie, haar naambordjie spel "Tracy" uit, lyk ongeduldig. Indien enigiets, lyk dit of sy eerder met Willie sal wil gesels as die oorvriendelike lummel met die baie tande. "Dis R150 vir die rondawels agter, die kamers is ongelukkig almal uit," sis-mompel sy deur haar tande.

"R150 is nogal styf, maar dis nie al nie. If you act now..." begin Tommie, maar Willie maak hom stil. "Dis reg dame. Aanvaar julle kaarte?" Tracy se oë beweeg na die masjientjie sonder dat haar kop beweeg. Dit beaam die vraag.

Willie bring sy beursie te voorskyn en pluk dit oop. Hy haal sy kredietkaart uit, maar saam met die kaart kom 'n klein, vierkantige blink pakkie wat amper doelgerig op die toonbank voor Tracy val. Vir 'n sekonde, wat soos 'n jaar voel, kyk die drie na die kondoom wat langs die pamflet oor Voëls van Suider Afrika 'n gat in die hout probeer brand.

2 Comments:

Blogger saintwillem said...

dis briljant.

3:05 AM  
Blogger saintwillem said...

tommie hak af: "ek sien jy het toe op die ou einde van die dag nie te groot gegaan nie." willie raak stil terwyl hy nie kan besluit of hierdie warm gloede, wat hy van binne af voel opborrel, skaamte of woede beaam nie. "ek't altyd gedog jy's die platinum tipe, maar lyk my jy gebruik maar ook net 'n fleksie spaar soos die res van ons plattelanders." "Ja" mompel willie, terwyl sy vingers nie vinnig genoeg die silver pakkie in possie kan sit in sy koedoevel beursie nie.

Alles in alles het tracy met 'n smuck uitdrukking op haar gesig gesit en toe die masjien nie willie se kart wou vat nie kon sy nie die geleentheid laat verby glip nie. "Verskoon my meneer, maar dit spyt my, my slot wil nie u fleksie spaar eenheid akkomudeer nie...het u nie dalk iets anders wat ons daardeur kan glip nie?"

3:16 AM  

Post a Comment

<< Home