Die Nimmereindigende Storie

Op hierdie bladsy wil ek hĂȘ ons moet almal saamskryf aan 'n storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Skryf enigiets wat jy dink inpas by die storielyn so ver, en maak 'n wending as jy wil. Kom loer later hoe ander die storie verder gevat het en las weer aan. Kom ons kyk hoe dit gaan.

My Photo
Name:
Location: Pietersburg, Limpopo, South Africa

Ek probeer twee blogs aan die gang hou. Die eerste is Die Herder, wat jou basies dagboek-tipe ding is en waar ek uitwei op dinge wat ons doen en sien. Ons praat oor alles war real is. Op Nimmereindigende Storie probeer ek mense sover kry om te help aan 'n in-situ storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Elke persoon kan lees en byskryf en maak met die storie soos hy of sy wil. Dalk draai dit goed uit, dalk is dit kettings en kettings onsamehangende onsin. Kom ons kyk.

Tuesday, November 21, 2006

Hoofstuk 14 (Author: W. Espag)

Tommie haak af: "Ek sien jy het toe op die ou einde van die dag nie te groot gegaan nie."

Willie raak stil terwyl hy nie kan besluit of hierdie warm gloede, wat hy van binne af voel opborrel, skaamte of woede beaam nie.

"Ek't altyd gedog jy's die platinum tipe, maar lyk my jy gebruik maar ook net 'n fleksie spaar soos die res van ons plattelanders." "Ja" mompel Willie, terwyl sy vingers nie vinnig genoeg die silwer pakkie in posisie kan sit in sy koedoevel beursie nie.

Alles in alles het Tracy met 'n smug uitdrukking op haar gesig gesit en toe die masjien nie Willie se kaart wou vat nie, kon sy nie die geleentheid laat verbyglip nie. "Verskoon my meneer, maar dit spyt my, my slot wil nie u fleksie spaar eenheid akkommodeer nie... het u nie dalk iets anders wat ons daardeur kan glip nie?"