Die Nimmereindigende Storie

Op hierdie bladsy wil ek hê ons moet almal saamskryf aan 'n storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Skryf enigiets wat jy dink inpas by die storielyn so ver, en maak 'n wending as jy wil. Kom loer later hoe ander die storie verder gevat het en las weer aan. Kom ons kyk hoe dit gaan.

My Photo
Name:
Location: Pietersburg, Limpopo, South Africa

Ek probeer twee blogs aan die gang hou. Die eerste is Die Herder, wat jou basies dagboek-tipe ding is en waar ek uitwei op dinge wat ons doen en sien. Ons praat oor alles war real is. Op Nimmereindigende Storie probeer ek mense sover kry om te help aan 'n in-situ storie. Ons maak dit op soos ons gaan. Elke persoon kan lees en byskryf en maak met die storie soos hy of sy wil. Dalk draai dit goed uit, dalk is dit kettings en kettings onsamehangende onsin. Kom ons kyk.

Monday, July 31, 2006

Hoofstuk 10 (author J. van Dyk)

"Hinnnn-ninne-ninnne--hin!!!" Grom die Hilux soos 'n Weed-Eater enjin wat warm gemaak is..."Hin!!!"...

Willie se growwe hande klou styf vas aan sy stuurwiel, wat oorgetrek is met daai babablou plastiek oortreksels wat daai klein knobbels op het wat jou hande meer traksie gee & terselftertyd maseer. Hy voel effe lighoofdig en kan nie uitmaak of dit die drie en 'n half biere van nou-nou is of die bakkie se 'fumes' nie...

"Hel nee Tom!, Is jy nou weer besig om long te verloor hier in my wiele?!" Gil/vra Willie skielik toe hy besf wat dit is. Tommie begin skater & prys homself 9 uit 10 vir een van die stinkste winde wat hy nog ooit gelos het. Moerse in sy skik vroetel hy deur die leë KFC boksies opsoek na 'n 'wing' wat dalk lê & wegkruip. Willie wil nog iets sê maar bedink homself. Tommie is 'n goeie seun maar hy het nie buskruit uitgedink nie. 'Going nowhere slowly' grens Willie so amper maar dink dan weer dat dit Tommie was wat hom daai keer kom help het toe hy die glips met die muis en die pyp gehad het...en dit was vriend Tomma wat daar was toe hy uitgevind het dat Oom Giel eintlik ook sy pa is.

Tommie is 'n mense mens, 'n plat op die aarde mens & sy beste tjom. Willie besef hy is eintlik bly dat Tommie saam met hom is. Hy en Tommie het vriende geword terug in aggen-tagtig('88) toe hulle saam in die E-Klas vir hulle derde jaar in Hoër Tegniese Skool Gert Viljoen was. Willie sal dit nooit vergeet nie, hy het daai jaar nog vir juffrou Beukes vasgevat na saal opening een oggend agter die pawwies. Haar kerêl het op hulle afgekom (na hy al 'n hele ruk lank iets vermoed het) en net soos die geluk dit wou hê, val daar 'n 'shifting' op die kerêl se kop bo van die pawwies af.

Dit was Tommie. Tommie wat vir Sarel Verster 'n pakkie skywe gewed het dat hy die 'shifting' tot op die Netbalbaan kan slinger. En soos die geluk dit wil hê neuk die 'shifting' uit Tom se hand & etter die kerêl teen die oor...'lights out'...Willie was so dankbaar daar en dan dat hy Tommie as sy persoonlike beskerm-engel aanvaar het.

'n Skalkse laggie vorm op Willie se lippe terwyl hy weer terug dink aan daai dag - 'Ja-nee, Tommie is die ou!' dink hy. "Tommie, ek word dors. Flip oop die kabbiejeul, daar behoort nog 'n half liter Oros & Vodka daarin te wees. "Thanks Willie!" laat hoor Tommie van hom terwyl Willie die afdraai vat oppad Kirplegischtan toe."Ons gaan vanaand groot gaan, né Willie?" vra Tommie. "Tomma, vanaand...vanaand gaan ons vir goud!".

Thursday, July 27, 2006

Hoofstuk 9 (author W. Espag)

Willie wou regtig ophou drink en die pad vat Kirplegischtan toe, en soms probeer mens regtig hard, maar iets val altyd voor die wiel in en breek jou spoed voor jy weet.

Sien, na 'n bier, of selfs twee, raak die idee van 'n bar meisie altyd net soveel meer aantrekliker.

"As ek dit self mag sê, Tommie... jy is van die hel, jou fabond" skiem Willie. Hulle sit in die stilte en gluur na die 7 groen leë bottels wat op die kombuistafel staan.

"Ja, tjom, wat pla jou?". "Wel, ek het vanoggend ernstig besluit om Kirplegischtan toe te gaan, en eks nog nie oppad nie," mompel Willie met 'n traan in sy oog. "Cheez tjom, ek het nie gedog jy was so ernstig daaroor nie? Maar ons ry mos nou more?"

Die stilte oorval die afgetaakelde huis weer vir so paar minute, al wat mens hoor is die los sinkplate in die wind en 'n hondebak wat oor die stoep gestoot word deur 'n demoon.

"Nee" gil Willie...."ONS RY NOU!"

In die hemelruim is daar 'n planeet wat wentel. Dit wentel onder andere om die son, maar dit is niksseggend, want daar is ander planete wat ook om die son wentel. As mens nader beweeg, blyk dit dat die planeet omwentel word deur 'n sateliet, maar daar is ander planete wat omsingel word deur sateliete. Niks nuuts hier nie. As mens nog nader beweeg, besef mens dat die kontinente geinfekteer is met helder liggies, soos 'n tiener seun wat gym, swak higiene en hormone beoefen. Niks vreemd nie, die heelal bevat baie lewe.Tussen die liggies is daar 'n oopte, en in die oopte is daar 'n Hilux. Die deur slaan oop, die deur slaan toe en die enjin start.

Kirplegischtan gaan nooit weer dieselfde wees nie.

Tuesday, July 25, 2006

Hoofstuk 8 (author M. Shepherd)

Tommie loop sjloef plak sjloef plak na die yskas om twee biere uit te haal. Dis moer snaaks om te sien hoe hy met een bruin slipper en een kaal voet oor sy novilon-kombuisvloer sleep-loop.

"Ek het gedink ons vat gou een vir die pad, dan skuif ons af dorp toe," sê Tommie terwyl hy gemaak-vies die bierskuim van sy vuil T-hemp afvee, wat hy gemors het omdat hy die eerste sluk altyd te vinnig vat. "Soos ek sê, daai poppie in McGinty's...."

Willie is nie oortuig nie. Om die waarheid te sê, ou Dik Frik en sy pêlle lê altyd daar rond, en dit was maar nog altyd 'n effe van 'n hoer-plek. Sure, dis baie nice as jy en jou tjomme een aand lekker uithaak en almal speel saam, maar die meeste van die tyd is dit meer depressing as iets anders.

"Om te sien hoe dieselfde tien ouens aand na aand hulle lone uitsuip in daai hool, dit, my vriend, is eenvoudig nie Kirplegischtan nie."

"Ek hoor jou," sê Tommie. Hy vat nog 'n diep teug aan die groen botteltjie. Hy kyk op sy horlosie. Hy kyk na die af-oor hond. Hy kyk na sy ingroei-toonnael. Dan kyk hy na Willie. "Ek sê jou wat. Kom ons fokof. Ons vat verlof, sommer more al, ek sponsor my oortyd-tjek vir petrolgeld, en ons fokof. Ons pak die cooler, die CD's, die tent en die visstokke, en ons ry tot die Hilux nie meer verder wil nie. How 'bout that?"

Iets in Willie wil sommer vir Tommie 'n oorveeg gee vir hierdie klaarblyklik beenkop-idee. Maar tog, diep binne, voel hy daar's nie juis 'n rede hoekom nie. Hy was lanklaas op verlof, hy was lanklaas uit die dorp uit, van die plaas af, en hy het lanklaas 'n stywe lyn gehad.

"Ja," mompel Willie in die botteltjie in, " how 'bout that?"

Hoofstuk 7 (author J. van Dyk)

"Tommie...ou....broer....slet man...waar's jy?!"

Willie hoor die gekekkel & bevuil homself amper. Dan hoor hy die bekende geluid wat Tommie se ou spoel toilet maak as 'n man die verroeste draad hanger ketting trek..."Tommie fokkit!! Rambo is weer los man!" Willie nip nou & daai NTK kersliggie help nie veel in hierdie donker nie...Willie se vuis klem stywer om sy jag/knip mes vas terwyl die sweet van sy wenkbrou begin aftap...

"Hey gabba !" laat hoor Tommie einde ten laaste van hom terwyl hy die sifdraad deur oop skarnier. Willie gryp vir Tommie, skiet in & die geroeste springs slaat die die sifdraad deur toe. "Wuhu..!!" Bliksem die twee op die grond neer toe Willie per ongeluk oor die af-oor hond bliksem. 'Klang - Klang - Klang!!' hoor hulle soos Rambo deur die sif draad probeer boor. 'Klang - Klang - Klang!!'

"Hie hie!" lag Tommie, "Rambo is weer so spuls soos in die ou dae! "Willie skud sy kop terwyl hy 'n Texan tussen sy lippe saampers & iets prewel van : "..sambreel in daai haan se g.." voor hy die fake Zippo met die draak op oopswaai, aanvuur & dan heuglik sy longe vol maak met die 'plain' se rook.

"Tommie, waarom het die hond nie 'n naam nie my gabba?" vra Willie meteens hardop. "China - ek wou hom eers 'Whiskey' noem, maar hy's mos doof, hy gaan mos in elk geval nie hoor as ek hom roep nie, nou gooi ek hom maar met daai lekker ou bruin slipper van my as ek sy kosbak volmaak - jy maak uit van?" "Ja Tjomma, ek maak uit.." laat hoor Willie van hom terwyl hy wonder watse planne vriend Tom vir vanaand het & of hy dalk nie maar moes aanhou Kirplegischtan toe nie...

Monday, July 24, 2006

Hoofstuk 6 (author W. Espag)

Willie slaan in een atletiese sprong sy kar deur toe, en maak 'n geestelike sprong na die lig toe. Met 'n slinkse rol-beweging is hy deur die stoep, waar verligting hom toewag aan die anderkant van 'n hout deur. Hy klop inderhaas teen die deur, (miskien sou dit 'n beter idee gewees het om eers vir Tommie te bel en hom te noodsaak om die deur vir hom oop te los.)

Hy hoor die geruis van vere, twee pare voete wat net-net grond vat, in haas om sy nimmereindigende liefde uit te deel. Rambo is oppad, en Rambo worrie nie veel oor teer nie, dit doen Willie sommer van self met sy Texan plain cigarette... Rambo, veer net 'n persoon.

Wednesday, July 19, 2006

Hoofstuk 5 (author W. Espag)

Maar tog kon hy homself nie help nie. En soos oudergewoonte draai hy regs af by die poskantoor en maak 'n skerp links tot by die flenter huis waar Tommie homself bevind wanneer hy nie werk of drink nie.

In die donkerte gluur daar 'n kerslig van formaat. Dis nog die ou tipe NTK kerse wat daar brand, nie deesdae se Checkers-net-om-die- hoek tipe nie. Sien, toe Tommie 16 jaar oud was het sy ma'le geglo die 3rde wereld oorlog gaan uitbreek. En soos 'n wyse vrou het tant Malie geen vertroue in Tommie of sy oor'le pa geplaas nie. Die vet weet alleen, maar die dag as die gemors slaan het die auntie geweet sy gaan vrek van die honger as die twee skerminkels vir haar moet sorg. So, oudergewoonte het sy maar 'n NTK rekening gaan oopmaak en 'n oorlog kas bymekaar gemaak wat, in kort, veroorsaak het dat Tommie sy erf plaas en nissan 1400 gekos het.

Willie sluit die egnisjin af en gooi taktiese kyke in welke rigting. Daai vervlakste hoenner is seker nog nie dood nie. Tommie noem hom Rambo, maar in die dorp staat die einste bekkend as die "flippen voël". Sien, Rambo is 'n hoenner wat hou van spyker. Aggressief spyker. Toe hy klein was het almal gedink dit was oulik as hy die hondebak so rond karnoeffel en baie het hom jammer gekry oor die arme hoenner nooit vere op sy bors gehad het nie. Maar toe word die man mos groot. En Tommie het baie wyshede opgetel deur met Rambo tyd te spandeer...wie kort nou 'n loslyf as jou hoenner presies vir jou wys wat jy nou eintlik met 'n jakkals moet doen as hy lus is om bietjie vleis te proe?

Rambo het ook die arme af-oor hond doof gespyker. Sommige veeartse sê dis sielkundig, maar tant Malie reken Rambo het die arme brak se oordromme laat pop deur sy aanhoudende lae noot botsings met verskillende artifakte van sy begeerte.

Willie frons. Die area lyk skoon, maar mens kan nooit te seker wees nie. Tyd om weer daai jagmes uit te pluk vir beskerming.

Monday, July 17, 2006

Hoofstuk 4 (author M. Shepherd)

Net anderkant die klein bruggie hoor hy die onmiskenbare monotoon gehuil van sy stokou Nokia. Hy vroetel rond op die passasiers-sitplek tussen KFC-boksies en Amstel botteltjies rond op soek na die skreeuende foon, en ry amper die ousie raak wat langs die pad loop en hout optel.

Dis sy ou vriend Tommie, wat ouder gewoonte half deur die slaap bel net om te hoor waar hulle vanaand gaan drink. Tommie het min ambisie, sou party mense seker sê, maar Willie dink Tommie maak meer uit van die lewe as wat meeste mense hom krediet voor gee. Tommie het altyd 'n glimlag op die gesig. Die meeste mense baie ryker as hy, loop heeldag en frons en moet pille drink vir stres en moet huweliksberaders en ander soortgelyke kopdokters gereeld sien om te kan cope. Nie Tommie nie. Hy is doodgelukkig, al besit hy niks meer as 'n geroeste fiets en 'n dowe hond nie.

"Die vy alleen weet," skerts Willie, "ek is eintlik iewers heen op pad. Het jy enigiets spesifiek in gedagte?"

Tommie is vir 'n oomblik stil in die agtergrond, en sê in sy lui stem: "Weetie, ou. Kom tel my op, dan gaan kyk ons wat gaan aan by McGinty's vanaand. Ek hoor daar is 'n nuwe chickie agter die bar van Maandag af."

Willie se gedagtes hardloop met hom rond. Dis 'n tipiese Tommie-voorstel, en is normaalweg 'n baie aanvaarbare voorstel. Hy is nie baie lus om om te draai nie, en wel, laas in McGinty's het hy nog ou Dik Frik se wenkbroue aan die brand gesteek met sy fake zippo...

Hoofstuk 3 (author J. van Dyk)

Willie het so halwe liter diesel ook in gegooi met die volmaak so half uur terug.."Dit smeer die enjin.." het sy oor'le oom Dolf altyd gesê...Oom Dolf is in '93 oorlede toe hy 'n laaitie in Vanderbjil op 'n katana ge-'daais' het & nie die BP trok sien kom het nie.

Terwyl 'n traan oor sy wang biggel met heimwee ruk Willie sy knipmes uit, gryp die stuur met sy kniee vas, flik die knipmes oop & begin sy linker duim skoonkrap.."Ja..." sug hy, " dit gaan 'n lang pad Kirplegischtan toe wees.Die bakkie ry rerig lekker...die enjin is net nou die dag geboor & jy kan die bietjie ekstra woema voel...wel jy kan dit eintlik meer hoor as voel maar dis daar. Willie se radio begin 'n klomp 'static' gooi & hy skiem 'ek sit hom maar af, RSG is vandag half af gewees in elk geval".Terwyl hy so ry raak dit al hoe stiller in sy kop terwyl hy wonder..."Waarom, na al die jare gaan ek nou weer terug Kirplegischtan toe & hoekom..? Waar gaan ek eindig & wat gaan gebeur?"

Agter hom skop die bakkie stofwolke op met die sakkende skemer son in die agtergrond...

Thursday, July 13, 2006

Hoofstuk 2 (author E. Pelser)

Soos enige ware blanke Afrikaner klim Willie in sy Toyota Hilux 4x4 bakkie. Die walms van die vorige aand se gesuipery hang dik in sy bakkie se kajuit. Hy haal 'n paar Disprins uit die duiwenessie uit en sluk dit sommer met sy 'halfjack' Whiskey wat omgeval het en, soos 'n plaasousie se uitdrukking op haar gesig wanneer sy hout soek, half leeg is. Die rillings trek op tussen sy blaaie en die hoendervleis slaan uit op sy kniekoppe.Willie was nog nooit een wat bang was vir enigiets nie.

Wel amper enigiets, hy onthou toe hy klein was moes hy sy ouma help om aambei salf aan te smeer so elke 2 weke. Dit het hom baie bang gemaak.Die sleutel gly in sy bakkie se 'iegniesjin' in, hy draai dit, die enjin gaan aant' brul soos sy maag vroeër gebrul het toe hy op die troon gaan neersak het. Opgewondenheid pak hom toe. Die motorhuis se deur rol op en die hek gaan so al tjwie-tjwie oop.

Willie is oppad.Oppad na Kirplegischtan.

Wednesday, July 12, 2006

Hoofstuk 1 (author M. Shepherd)

Eendag lank lank gelede, kan Willie soort van onthou, was hy laas behoorlik nugter. Die afgelope klompie jare het net soort van weggeglip uit sy beheer.

Hy kan nie eers onthou presies hoekom dit gebeur het nie. Was dit toe sy vrou weggeloop het met die vet Griek, of toe sy hond verstik het aan sy pantoffel en na sewe uur se lyding die tydelike met die ewige verwissel het, of was dit miskien toe hy in 'n oomblik van absolute woede 'n netjiese stoelgang op sy baas se lessenaar gelos het?

Hy kan nie presies onthou nie, maar hy weet iewers het iets skeefgeloop. As hy nou so sit en staar na sy ingroei-toonnael, dan begin hy onwillekeurig dink dat daar iets beter moet wees daar buite. Iewers moet daar 'n pad wees met meer sonskyn, meer Cabernet, meer Brazilian-cuts, meer koedoe-leer sitkamerbanke en minder puisies, minder Juanita, minder tou-staan en minder hangtieties.

En toe, asof vansself, tref 'n idee hom soos daai rugbybal wat ou Alwyn destyds nog in die ref se agterkop vasgeskop in die interskole wedstryd: Hy moet nou opstaan, sy flat bier neersit, by die deur uitloop, in sy bakkie klim en daai pad gaan soek. Daai sonskyn pad is syne, en klaar.